Die Wildshoekievleismark is gestig in 2010  in Pretoria -Noord, waarna ons verhuis het na Centurion en later na  Kameeldrift en nou amper 2  jaar hier reeds sal wees.

Ons is reeds betrokke in die vleisbedryf vir die afgelope 25  jaar. Dit sluit ook in wild, bees, hoender, skaap, vark en biltong.

Elize, Robbie se gade is behulpsaam in die kantore en bemarking in die algemeen.

Ons doen ook elke Saterdag oggend die Boeremark in Silverton Pretoria by die Van Wyksgronde (nuwe perseel Moraletta str 665). Ons het daar 'n 12 m tafel met verskillende vleis beskikbaar, weer eens van wild tot skaap, hoender vark, bees en moet nie die biltong vergeet nie.

Robbie behartig ook die inneem van wild in die jag seisoen hier by die Wildshoekie Vleismark in DERDEPOORT (KAMEELDRIFT OMGEWING).  

Hier onder n foto van assistente tydens ons Boeremark oggende.

Kliek hierdie skakel om videos te besigtig:

 



Terug Terug na bo