Testimonials

Freddie Snijman:
Die wildshoekievleis mark is nie my eerste vleismark wat ek al gebruik het om my jaarlikse wildsvleis te laat bewerk nie, maar Wildshoekie Vleismark staan kop bo water uit teenoor al die ander voriges waarvan ek al gebruik gemaak het. Wat vir my uitstaan van Wildshoekie Vleismark is hulle netjiese verpakking presies soos jy dit wil he.Nie net die verpakking nie, hulle gaan so ver om jou vleis ordentlik netjies te merk, sodat jy jou pakkies mooi kan identifiseer, veral omdat dit in die vrieskas moeilk kan wees om vleis te onderskei.

Kobus van den Berg:
Wildshoekie Vleismark: Dit is werklik n plesier om met Robbie/Elize besigheid te doen. Jare lank het ek van n plaaslike slaghuis se dienste gebruik gemaak maar diens het verswak en het Wildshoekie n kans gegee. Van dag een af het ek deel van die familie geword en nooit weer sal my vleis deur iemand anders bewerk word nie. Goeie resepte, uitstekende verpakking en vriendelike diens...... waarvoor kan n man meer vra. Word deel van die familie en jy sal nooit terugkyk nie. Dankie Wildshoekie!!!

Caroline - JHB Sandton:
I started using Wildshoekie for my venison processing this year and can strongly recommend them. Robbie and his team has years of experience and it is well worth trying out some of the wide range of options like sosaties, deboned leg, salami, cheese grillers, to name but a few.

Die Steyns:
Graag wil ek julle span by Wildshoekie Vleismark bedank vir die bewerking van ons vleis. Julle was vinnag en so behulpsaam. Ons vleis wat jul bewerk het was heerlik en sal julle aanraai vir eninge iemand. Alle verwagtinge oortref. Julle is tops. Nogmaals dankie. Die Steyn's

Johan:
Ek wil graag net se dat die diens en kwaliteit vleis wat gelewer word deur Wildshoekie vleismark is puik. Hul vriendelikheid en bereidwilligheid om die extra myl met jou te stap is iets ongelooflik. n mens kan sien dat hul baie moeite doen om die beste produk vir hul kliente te wil gee. Die vleis word mooi verwerk soos verlang en dan verpak. Die verpakking van die vleis word baie goed gedoen. My vrou en ek self kan nie uit gepraat raak oor die vleis wat so mooi verwerk en verpak is nie. Die vleis word in stewige sakkies verpak en gemerk om dit vir ons maklik te maak as jy na iets spesifiek soek om gaar te maak. Robbie, Elize en jul span wil ek net dankie se vir jul puik diens wat jul lewer en nog gaan lewer want ek gaan beslis weer en weer van jul dienste gebruik maak. Dankie Johan

Lizbe:


Subject: Komplimente!

Hi Robbie, 

Ek wil graag vir jou en jou personeel bedank vir die uitstekende vleis wat ons van julle ontvang het!

My man het so twee weke gelede'n blesbok daar by julle laat bewerk, en op jou aanbeveling het julle vir ons schnitzels gemaak uit van die vleis - ons het gisteraand die eerste schnitzels gemaak en dit was die lekkerste wat ek nog ooit geeet het. Die vleis is sag en geurig en so lekker dat my mond nogsteeds water as ek daaraan dink!! Ek was eers skepties toe jy gese het ons moet dit so doen, maar ek was verkeerd en glad nie bang om dit te erken nie, ek wens nou eintlik ek het laat julle sommer dubbel die hoeveelheid maak. 

 

Die wors is ook baie lekker - ons het vir 2 vriende elk ook 'n pakkie gegee en ons almal stem saam dat dit die lekkerste dun worsies is wat ons nou in 'n lang tyd gemaak het! En ook so met die maalvleis - dit alles smaak soos nog! :) 

Ek is maar altyd versigtig om wildsvleis te koop/maak want min mense kan wildsvleis ordentlik bewerk, marineer en ''spice''.Soms proe mens nog te veel die wild daarin maar julle is 'n klomp supersterre - die vleis smaak soos dit moet, vars en sappig! Definitief nie die droee, taai snert wat mens deesdae in die winkels koop nie. Julle kruie mengsels is perfek gebalanseer, en daarvoor moet ek vir julle 'n groot ''thumbs up'' gee. 

Ek het nog 'n vrieskas vol vleis en kan nie wag om die res ook uit te toets nie!

Baie baie dankie! Ons sal beslis nooit by iemand anders ons vleis laat bewerk nie - julle is duidelik die beste! 

Vriendelike groete, 

Lizbé van den Berg






: *

Jou naam:

Jou e-posadres:
Terug Terug na bo